Jongste aktiwiteit:

Hy vergeet nie

Oor die grasvlaktes
vol bome en bosse
en diere wat vrees.

Oor berge en dale,
met geheime gevul,
waterpoele, woude.

Oraloor is die gesang
van wesens wat ween,
rou oor die ondergang.

Oraloor die hemel hang
daar donker wolke, reën,
en die Engele se sang.

Oraloor is ‘n wonder,
selfs in as en vlamme
vloei lewe se wonder.

Oral waar die oë kyk,
is ‘n mag wat werk
en ‘n nuwe koninkryk.

Maar wees nie onseker,
weet net Hy vergeet nie
want Hy is die Skepper.

19/06/2016 © C. du Plessis




Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed