Jongste aktiwiteit:

My Liefdevolle Aardse Vader

My Liefdevolle Aardse Vader

Uit my kinderjare onthou ek my liefdevolle pa
was altyd beskermend, rotsvas en sterk, altyd daar!
As die trein vakansies voordag op Karasburgstasie stop
en jou oë sy geliefde gestalte in die skemerte soek
was hy betyds daar, altyd betyds voor die aankoms!
Het jy voordag met die luukse bus uit die destydse
‘’Unie’’ oor Noordoewer gekom het hy die bus altyd
halfpad na Karaburg ingewag by Haib, en kyk jy dan
vol verwagting uit op die skemer verlatenheid sien
jy sy gestalte in die Landrover se ligte , hy is daar!
My pa was altyd daar vir ons, altyd, as ons geestelike
mentor en beskermer, mooi lank,en fisies ‘n baie sterk man —
Ek voel steeds sy gerusstellende teenwoordigheid van my
kinderdae asof hy waak oor my welsyn en veiligheid—
My pappa was die beste in voor en teenspoed!

Janetta – Helena [Babs]©




5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed