
Don Juan
Don Juan
Jy het baie stede
se hoofstrate bewandel
totdat jy die cul de sac
na my hart ontdek het
en dit stof en sinkplaat
gery het totdat jou
chroniese wanderlust
uiteindelik weer die oorhand
gekry het en na so ‘n bietjie
besluitlose wik en weeg is
jy weer vort elke stop
‘n Don Juan halfwegstasie
immer swerwend en soekend na
daardie ontwykende liefde en rus
want met die noodlot se oogklappe
en verduisterende skille voor die oë
wat jou verblind vir die liefde het
jy dit maar weer nie herken
toe dit joune kon wees nie—
Janetta – Helena [Babs] ©
8 Kommentare
-
-
Viooltjie
Goed gedoen. Aangenaam om te lees :-)
-
Amaspoke
Hoeveel van ons mans kyk dit nie mis nie? Pragtige werk
-
Anze
Mooi filosofies vasgepen... ja so kry mens die mense wat eenvoudig nooit met net een liefde tevrede sal wees nie.. Pragtig gepen tannie Babs
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Hierdie een is ook vol filosofie. Goed bewoord!