Skewekrans
Vaalbosrant verby bly hy,
stoksiel en alleen, vergete;
die vaalbossies, sy maters
in die stryd om oorlewing.
Skewekranskloof oor kom jy
na hom waar hy alleen staan;
‘n eenvoudige ou kliphuisie
en ‘n dak van vaalbosgras.
Skewekrans, is dit genaamd,
en dit is daar waar hy woon;
op die vlakte sal jy hom vind,
rotsvas, geanker in die wind.
Verseker, sterk in sy geloof,
soek hy dit wat God beloof;
sy jare het gekom en gegaan,
en geduld het sy weg gebaan.
Jy sal verstaan as jy die pad volg,
Vaalbosrant verby na Skewekrans,
oor Skewekranskloof na Vaaljan;
opreg getrou aan God se woord.
19/06/2016 © C. du Plessis
5 Kommentare
-
Viooltjie
Dit is sommer baie mooi :-)
-
Evelyn van der Merwe
Voorwaar iets besonders uit jou pen, hou hiervan.
-
Arnold
Ek hou van hierdie een.
-
Anze
dis pragtig gepen met so n besonderse slot!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Casper hierdie is een van jou beste werke wat ek nog ooit gelees het