Huisie in die Bosveld
by haar huisie in die Bosveld
groei die mooiste spierwit roos
wat haar elke dag herinner
dat die Skepper haar sal troos
langs die muurtjie wieg gesiggies
as hul knip-oog na die son
en gekleurde vlinders fladder
want die lente het gekom
op haar stoepie in die blombak
breek die eerste blare deur
van ‘n pikswart seldsaam lelie
wat ook hemelwaarts opbeur
in die oondjie bak ‘n broodjie
en die suurdeeg vul die sfeer
want haar ingewande grom nou
nooit gaan slaap sy honger weer
onder boompies in die koelte
speel die bloukop met sy vrou
en die tortel vra sy maatjie
sal jy dalk met my wil trou
8 Kommentare
-
Ronel Janse van Vuuren
Mooi gepen. Goeie ritme. Hou van die lente-woorde :-)
-
Anze
Lekker gelees aan hierdie ritmiese gedig.. baie mooi en hoopvolle skildery wat jy skets
-
Amaspoke
Pragtig geskilder met woorde. Ek sien dit voor my oë. Pragtig
-
neels
Ai Evelyn dit is so mooi ek kry eintlik n traan in die oog
-
Arnold
Die eerste twee strofes staan vir my uit.
-
Kiekies
Ek het hierdie een so geniet en dit alles beleef!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie oulik, met goeie rym en ritme :-) Ek dink almal wil so 'n huisie he :-)