
Skep Water
met ons oë gerig op die wêreld
gaan en gaan skep ń bietjie water
daar waar jy in stilte kan aansluit
by Jesus se voete en Sy rustigheid
sit jou gedagtes agter jou
laat die trane vloei by Jesus
waar Hy jou kan omvou
met Sy liefde groot
laat Hy jou bedien en jou vul
daar waar jy leeg is in jou binneste
laat Hy dit vul met Sy grootheid
Sy manna kom soos vuur
laat Hy jou uit die dorre leegte uithaal
jou woestyn in ń oase formeer
sodat jou sterkte gevul kan word
met Sy krag en Sy liefde
Kom skep water by die Allerhoogste
©️ Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.