
Rebelse held
Gewapend met vaste geloof en moraal
was die stryd vir jou land, jou volk en taal.
Jou stem teen onreg en vreemde gesag,
verraad lê wagtend in die politieke aanslag.
Die roepstem van ‘n nasie; ‘n vryheid bevel,
die omvangryke 1914 rebellie, intens en fel.
‘n Volk gebroke en deur oorlog verskeur,
hoop vasgevang in jou bloed se offergeur.
By Nooitgedacht se omsingelde broeder-vloed,
gloei jou oë met deurdringende strydersgloed
en in die nag val jou vryheid, jou lot is hoogverraad.
Jou opoffering is tog geen misdaad.
Voor die krygshof staan jy onwrikbaar in jou reg –
jou gees bly onoorwinlik – sterk en ingevleg.
Getrouheid lê vasgenestel in jou boere hart,
die geveg is verby, jou mense gevul met smart.
Die lug hang swaar met Smuts se venynige oordeel
‘n oomblik van stilte; ‘n hanskakie het kom steel.
Die salvo se skote het jou hart deurboor
onder die Engelse kroon word jy vermoor.
Jopie Fourie, jou nalatenskap en opregte stryd
is nou in die Afrikaner se geskiedenis in geskryf.
Die simbool van vryheid teen ‘n hoë prys betaal.
Ons sal nooit ophou veg vir ons land en taal!
© Elize Awona Pucillo
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek