drang
wanneer skeppingsdrang
vervaag en afgewater gaan lê
voel brein golwe voos en verdoesel
dit alles wat mooi en rein lyk
digters praat van muse
my muse was nog altyd ‘n muil
dwars en skeef – sukkel opdraende
om woorde strofes te maak
dan versplinter die lig
skeur ‘n sonstraaltjie deur
donkerblou wolke van gesleur
vorm dit iets wat sin maak
© Tearlach.
Lewer Kommentaar
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.