Jongste aktiwiteit:

die lewe is…..

pik-swart tok-tokkie op die grond
tink-tinkie in my tuin
op die stoep my troue hond
die lewe is n glasie wyn

opgekrul lè kietsie-kat
nag-swart haartjies sag en fyn
reèn-druppels op my huis se dak
die lewe is n glasie wyn

in die kaggel knetter daar n vuur
vèr-af die see se sagte dein
in die do ker laat-nag uur
skink ek maar nog n glasie wyn

stèrre vonkel-flikker in die nag
die maan wat goud-geel skyn
my lief wat op my tuis-koms wag
die lewe is….
n glasie wyn.

van Coen Vollgraaff
coengroenkloof@gmail.com




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed