keetmanshoop
as ek so deur
my vèr-verle
se jare loop
dan hoor ek weer
die wind
by keetmanshoop
vir dae aanmekaar
kom ruk
en pluk hy
aan ons huis
se venster-raam
kom sing hy
heimweè
uit my uit
en hamer aan
my venster-ruit
al om die hoeke
van die huis
kom dans die wind
en sing
van ou-ou stories
en van eensaamheid
hy kan maar waai
sy draaie loop
sy liedjie sing…
solank dit is…
by keetmanshoop…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.