onthou
onthou jy daardie dag in februarie
toe aardplate begin lewe
mens en dier begin bewe
onthou jy daardie dag in februarie
toe duine nie wou stilstaan
treine nie wou regop staan
onthou jy daardie dag in februarie
toe riviere begin berg op loop
die see sy golwe begin insluk
onthou jy daardie dag in februarie
toe meeue nie kon gaan sit
en gillend sirkel begin vlieg
onthou jy daardie dag in februarie
toe motors wou omslaan
en brue begin neerslaan
onthou jy daardie dag in februarie
toe terug kyk vorentoe kyk
mense verdwaas begin lyk
onthou jy daardie dag in februarie
of was dit nou weer januarie
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.