Jongste aktiwiteit:

Snobisme

aan die koninkryk word ons gemeet
hooghartigheid word glad nie ingeweeg
ons mense soms gelyk daaraan
sonder regverdigheid in verdienste
stap hul hooghartig en verwaand

hul sosiale lewe ver verhewe
bo die vlak van normaliteit
verwaande aanstellerige ploetery
met hul neus in die lug
loop hul bo-oor ander

parnevu bo hul eie stand
uitgegroei in hul nuwe status
onbeskof en ongemanierd
beskaafdheid ontwikkel aanmatig
uitdagend en selfvoldaan

met hul laag en gemene spel
dink hulle, hulle het oorwin
maar pasop vir die sambok
wanneer hy kom om te vernietig
dan is daar geen genade

©️Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

1 Kommentaar

  • Koos Elsum

    Ja dis eintlik snaaks hoe die hoogwaardiges ons ontstel, in werklikheid gee ons dan ook wat hulle wil hê, aandag. Die lewe… Parvenu ook nuut vir my, ook maar woord arm, maar onthou raad pasop om lang / groot woorde te gebruik.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed