Uurglas
Uurglas
ouderdom het
jou kort kom maak
klein en krom en min
jou knokkelvingers
kniesend saamgeknoop
wyl die tyd aanhou met
loop en loop en loop
maar ek onthou jou
hande se warm
koestergly die
soetmooi van bemin
en hoe ons saam
sterre kon vang helder
liggies teen die bang
dog vervloë is die vlam
die blinkend’ flonker
want nou leef jy in
die inslukdonker
© Rosalee Meyer
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek