
Afhanklikheid
onbekende lywe
skuif sagwarm nader
druk muf byeen om
saam te drom
ons vry in die bondel
deel onvanpaste wysheid
en gee raad ongevra
in ń soeke na aanvaarding
gedagtes ongeteld
spoel so onverpoos voort
terwyl triljoen selle*
vernuwe binne eie vel
*geskatte aantal selle in die mens se liggaam
© Koos Elsum
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.