Jongste aktiwiteit:

Onkunde

deur glas staar oë
reguit verby mekaar
die een veilig in ń motorkar
ander bo-op ń houtpaal
die een bedink ń grasspriet
die ander ń hele oes

met bene wyd oop
skree boggom vir sy trop
ek is baas van die plaas
opgekrul in ń leerstoel
druk sapiens plastiek knoppies
altwee het geen uitkoms

maar alle apies skarrel
blind oor grondpad of ń nuwe veld in
met om kyk, om kyk vir dalkies
hul gatvratte in die lug
en dit is al ligpunt
vir dié kransvolk*

*Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
krans’volk s.nw. (skertsend, kollektief) Bobbejane

© Koos Elsum




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed