Laaste Dans
Skerwe van my hart (4de skryfkompetisie)
Uit my losgebreek
siel en gees
‘n traan wat rol
oor wat was
in jou jeug
het jy trou beloof
“jy is altyd myne”
het jy woorde geuiter
maar…verkeerde keuses
het ons uitmekaar gedryf
versoening vernietig
deur hardkoppigheid
my hart lê in skerwe
stukke vir ewig verloor
ek is deur die lewe
nie deur liefde bekoor
‘n herontmoeting so bittersoet
deur die are pols liefdesbloed
“altyd joune” het my gedagtes geskreeu
maar gister se hartskerwe lê gebroke op die vloer.
©PcV
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.