Vandág nog!
Vandág nog!
geskryf deur Dale Penderis©
Vroeg maak Hy my wakker
Om my pen op te tel
Om alles te skrywe
Wat Hy my vertel
Uit die Vader se hart
Na dié van Sy kind
Dis waar jy die hartklop
Van my Vader sal vind
Wie n oor het wat hoor
Laat hom dan kom luister
Wat my Vader vroegoggend
In my oor kom fluister
Kyk gou kom Ek om my Bruid te kom haal
Met oop arms wagtend
Die prys reeds betaal
Neem dit wat geskryf is dan ernstig op
Hou op om aanhoudend teen die prikkels te skop
As jy dan hier lees en die stem van God hoor
Daar is vandág nog genade vir jou oor
Maar as jy bly talm
Dan moet jy pasop
Dat die Een wat nou staan
En aan jou deur klop
Nie skielik sal wegdraai
En die hemeldeur sluit
Skielik te laat
Hoe kom jy daaruit?
Met n kners en geween
Net chaos om jou heen
Die angs en besef
Wanneer die waarheid jou tref
Dat as jy die hemel wil haal
Dat jy nou met jou lewe moet betaal
Koop daarom die olie vandág sê die Heer
Sodat wan’r Ek kom
Jy saam met My terugkeer
Na strate van goud en n ete berei
Vir die wat oorwin, sê die Here vir my
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.