Jongste aktiwiteit:

gebaande ongebaande weë

gebaande ongebaande weë
geskryf deur Dale Penderis ©

oerou bekende vrese gemessel in ongebaande oorbevolkte gedagtes op ʼn onbekende reis na wie(U) weet waar
onverskrokke
die vreeslose (on)sekerheid
my siel smagtend swerwend soekend
die bloudruk van my bestaan
dan sien ek
bekende bakens in die truspieël van my gestippelde baan
dan juig my siel
ek week in U goedertierenheid
my (on)bekende weë vir U nie verborge
my pelgrimstog my siel se reis

my halte
Jesus’ voete




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed