lewegewende water
- lewegewende water
geskryf deur Dale Penderis ©
bekroonde beminde lelie van my
hoe lank wil jy nog in die dale bly
geblomde seisoene bly klop aan die deur
‘wyl distels en dorings die groeiproses keer
ontwaak uit jou sluimer voor die ryp jou bekruip
hark weg die onkruid wat deur jou blombedding sluip
uitgekapte bakke
vol mensgemaakte grou
die woestyn sal weer blom
dit beloof ek jou nou
tranewater later
bitterwater nou
drink eerder van die water
wat ʼn praglandskap bou
bloubessiebloeisels
winterbessieson
veelvrugtig die landskap wat
nou volkleur blom
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.