More se jeug
In die nanag, vasgevang in wellus se yster greep
is kinders wat tussen kombers en matras uitkruip,
hulle balhorigheid maak gal en bloed deurmekaar
en voorspoed gaan laggend verby op sy eie baan.
Terwyl hulle dans in die dubbeltjies wat wild groei,
wag daar geduldig op die horison in die skemer,
met bossies wat woes rondrol in die wind se roep,
‘n toekoms wat in vlamme verteer en bloed word.
Hul gemor en gekla kom oor valleie en oor berge
waar wesens dwaal, verlore in die greep van tyd,
‘n woedende massa wat met luidende gedonder
hulle mag wil vertoon met ‘n vlammende swaard.
08/03/2016 © C. du Plessis
3 Kommentare
-
neels claasen
Groot waarheid in hierdie werk Casper
-
Evelyn van der Merwe
Volpunte vir hierdie een. Jou beskrywings is uitmuntend en raak.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Louie
Nie 'n goeie vooruitsig nie - goed saamgevat