Die web
As die son wat alles verskroei
wyk om sy vure te gaan stook
spin daar ‘n spinnekop sy web
van ‘n vrees wat my verontrus.
Wanneer hy my wese aantas
en sy harige pote op my dans
bewe alles, van binne en buite,
dan roep ek uit na gemoedsrus.
In lekker lag winde en lawaai
tesame met druppels se drup,
met nag se kinders wat sing,
daar vind ek eindelik sielsrus.
Aanmekaar, drup-drup-drup,
bring sinkplaat met sinke koor
sy strelend-kalmerende sang
en neem my waar ek kan rus!
22/02/2016 © C. du Plessis
2 Kommentare
-
neels claasen
Casper dit is altyd n groot plesier om jou werke te lees
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Louie
"Aanmekaar, drup-drup-drup, bring sinkplaat met sinke koor sy strelend-kalmerende sang en neem my waar ek kan rus!" Mis ek nou die reën hier in die droeë Vrystaat - die kalmerende effek van reën op n sinkdak