Jongste aktiwiteit:

Seetoneel

Stil seemeeue swiep skeef
oor boeg van vissersboot
soos soutbelaai sproei kleef
aan maste reeds erg verweer

Drie Dolfyne hoepeldans
op ritmiese riffelgolwe
terwyl ou oom anemoon
als stom staan gadeslaan

Tjokka en sardientjiegeur
vul die dek se atmosfeer
Skipper se bytels glinster blink
in goudstof van die oggendson

So sal die skip steeds skoppelmaai
al maak storms ‘n Kaapse draai
Seeman en Skipper sorge oorboord
want hul pak oseaan met Skepper Woord




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed