PLOEGLAND
Ek draf asemloos agter die lewens ploegland trekker aan
terwyl hy drywerloos deur my hart se onkruid kluite jaag
en lêplek vir jou groenvoer sade in my hart kom maak.
Ek verdwaal in die vlinder vingers
van die son se terugkyk kinders
en trek die sluise na my hart se ploegland oop;
bruin-goud water borsvoed my gedagtes
en laat jou sade bloos tot groen
Ek knip die drade
om die rante van my geëelte ploeglandhart
en bied jou groenvoer sade aan
om te onderhandel as die drywerlose trekker
die onkruid uit jou hart kom jaag
en lêplek vir my groenvoer sade
in die ploegland van jou hart te maak
4 Kommentare
-
-
neels claasen
Meesterlik gedoen
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
Hier het jy jouself oortref met alliterasie, assonansie en puik beskrywings. Hou hiervan.