Jongste aktiwiteit:

die vyfde maand (Silwer)

mildelik verbloem hy sy ysige glimlag meelewend in bruin en geel en oranje meesterlik getooi in nodige vree magies aantreklik in onskuld   eienaardig verbloem in yskristal eiesoortig in die rypseisoen as die eis van liefde jou soggens begroet eien dit sorgvuldig vir jou toe   in sagte windkusse inskiklik tot ‘n gesprek of twee […]

Lees meer

spektrum (Silwer)

sekondes vul herfs se palet met vars gebeure en geure; roep jou tot halt om op te let minute gun blare ‘n volkleur ballet dalk om te treur of om op te beur? niemand kan hul dié dans belet ure sleep voort met geen violet bagger diep deur somer se fleur verstard na ontklede houtskelet […]

Lees meer

beminde

sy was verheug toe Sy stem haar roep om anders te wees in haar groep om uitspattig mooi, jaarliks te baar sodat almal seisonaal na haar kan staar sy tiekiedraai om haar as vir haar Skepper wat elke dag verras tog is sy seer in verwaarloosde pyn sal sy herstel of net heeltemal kwyn? as […]

Lees meer

strome

wel ter tale kabbelend deur woudsale welbekend in bergkatedrale aarselend oor klippies heen koel strelend oor voet en been geen doel om te vervreem tog wil sy iets openbaar as jy spieëlglad in haar staar sodat jy in jouself kan bedaar eers dan herken jy die stem wat almal maar sukkel om te tem dit […]

Lees meer

Betonduwweltjies (Silwer)

Dit was ‘n mooi sonskyndag. Die hemelruim se blou geskilder met ‘n nuwe potlood uit die hand van die Skepper. Geluide van die veervolkies getuig van harmonie in ‘n andersins deurmekaar wêreld. Ek stap energiek en vol lewe, gereed om die bul by die horings te pak, met ‘n lied wat borrel in my hart. […]

Lees meer

mirage (Silwer)

in gebroke lyne van ‘n sekelmaan wissel emosie ‘n silwer traan ja, soms maak dit jou gedaan in die pilgrim se wentelbaan   hoeveel is genoeg? wanneer is die vyfskaar moeg geploeg? sonder wrewel afgesloef? sal die gerf my begrawe in die groef?   hard dreun bliksems op die horison! jy tuur teveel na die […]

Lees meer

stilstorms (Silwer)

maste van my lewenskip skerts oorbodig oor kragtige winde van beproewing splintervars soutspatsels op my wang fluks kloof my boeg deur deinings kiel en spante suile van my siel ek sal nie kantel, want Hy is met my bly loefgierig in die soene van die wind só sal ek die loef afsteek teen vergaderings van […]

Lees meer

veilig (Silwer)

stemfeer die gelofte uit jou hart onverskrokke in trane smart Here, ywer tog vir ons part merk dit diep in die hart oë ontmoet mekaar maak tog U beloftes waar in nood kant en klaar wees stil en weet Ek is daar vyande het hul kiekies verander slinkse planne geensins skrander golf op golf; brander […]

Lees meer

kaplyn (Silwer)

anderkant die kaplyn van twis en venyn blom die reënboog hemelhoog tasbaar dog onverstaanbaar bewe brawe dade gelewe met moed kan jy vrede groet; ywerig die twisdissel wissel duskant die kaplyn van vreugde en vree blom die reënboog hemelhoog saad van gehoorsame daad groei selfs as storms loei met jou sekel moet jy oeslappies hekel […]

Lees meer

stikkende roep (Silwer)

uit die slikdam van rou emosie stu springgety van trane teen onrealistiese hoop bind tog my hoop in seeskuim dalk gebreekte skulpe dooie jellievisse of knypers van krappe tasbare bewyse dat selfs hierdie oneindige storm stil sal word voor die Stem van die Meester vrae soutkook in my gemoed of enige mede pelgrim sal waag […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • GEDAGTES het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • GEDAGTES het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • GEDAGTES het ‘n nuwe publikasie gemaak