strome
wel ter tale
kabbelend deur woudsale
welbekend in bergkatedrale
aarselend oor klippies heen
koel strelend oor voet en been
geen doel om te vervreem
tog wil sy iets openbaar
as jy spieëlglad in haar staar
sodat jy in jouself kan bedaar
eers dan herken jy die stem
wat almal maar sukkel om te tem
dit baat nie om aan hom te rem
rys net borrelend met haar
die plan is om met haar te vaar
spoedig is tyd kant en klaar
© Francois Meyer 2025 Februarie
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Februarie 2025 – Water projek