Trekpad 3
Trekpad (3)
Waaksaam wees die veld lê oop voor
daar is oral jakkalse hoor die koor!
Die vure brand rondom die skaaptrop
met wagters by, die vosse moet maar noustrop
vort die skape herkou rustig,
maaggerommel, honde spits ore onrustig—
Onder velkaros langs die wa
het ons rustig geslaap wyl ma en pa
onrustig slaap en waghou
in somerhitte of winterkou—
Wie kan die droogtes vergeet en verdriet
met lugspieëlings in die verskiet?
Mens en dier moes maar net uithou
en op die uitkoms van Bo vertrou
en wyl donderwolke stapels opbou
daagliks magteloos hul verbytrek aanskou
wyl opwellende warm trane in oë blink,
turende verweg lugspieëlings koggel- wink—
O, dit was so lank gelede
die terugflits uit die verre verlede—(vervolg)
Janetta – Helena [Babs] ©
2 Kommentare
-
Anze
Dit is ongelooflik mooi tannie Babs
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Jy skets die afwagting helder vir die geestesoog! Pragtig!