Trekpad 4
Trekpad (4)
Ons spore by langvergete waterstane
na daglange moë trek sielsvergane
is deur tyd se warrelwinde toegewaai—
Muise , hase, en ‘n snuffelende jakkals draai
haastig in drome tussen grasstoppels rond
daar is veespore in die grond
maar sy verlate nagtelike gehuil en skaapvangrampe
is verstil en uitgewis in jakkalsproefkampe—
Die rus ontstig, verjaag deur grootpaaie se verby
had pa, ma en ek ou opstal en veeoorstane verby gery
op grootpaaie vanaf Karasburg, Ariamsvlei
en Warmbad wat na Onseepkans lei
en tussen perke van ‘n doringdraad padgorrel
word werklikheid ‘n gebarste droomlugborrel—
Nou is daar nuwe base
op moderne skaapplase
en so het ons ook later gebly
toe die gety draai en voorspoed gedy—
Nou lewe ons modern
en beskou daardie begintyd ‘n kern
van die geskiedenis, die swaarkry outyds as
radio en TV ons in gemakstoele vergas—
Maar ons kan nog droom
om die verlange in te toom— (Vervolg)
Janetta – Helena [Babs] ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
hierdie is pragtig en nostalgies vasgepen tannie Babs