Jongste aktiwiteit:

Swartmossels

Swartmossels

Eeuelank
skreeu die meeue ons
vier ons vryheid in bloulug
oor blousee rotse en strande
met sagte sappige swartmossels
en ek
antwoord en skreeu
saam in wind en weer en
geruis van getye se eb en vloed
hier waar ek op die rotse sit en kyk—
Neem hierdie hart van my en
laat val en breek dit oop op die
rotse soos die swartmossel se skulp
en wag vir die gety om al die
verdriet en verlange met
soutwater skoon te spoel—

Janetta – Helena [Babs] ©
(Die skilder is Kaffie Pretorius)




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak