Jongste aktiwiteit:

Jong Liefde

Jong Liefde

Hy probeer so hard,
stoisyns
die hart se pyn verberg want
sy eerste liefde is verwerp en
gekrenk probeer hy verdriet
van sy jong skouers afskud
soos ‘n lastige,
opdringerige vlieg—
Maar die skouers hang ‘n bietjie
en die oë bly neergeslaan want
selfs kalwerliefde is wreed—
Maar kyk op, en kyk rond,
daar is baie visse in die see
lig daardie skouers trots
“and walk tall and proud”
my seun—

Janetta – Helena [Babs] ©




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak