Tydelike Reën
Ek hardloop deurdie reën
druppels tref my voorkop
en stort by my rugraad na benede,
ek kyk af
Ek wandel in die reën
wat oor die landskap sak
en my lyf is deurnat
ek kyk op
tyd in die reën bepaal nie
die frons of ń glimlag,
dit is die op of af
nie die reën…
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Februarie 2025 – Water projek