mirage (Silwer)
in gebroke lyne van ‘n sekelmaan
wissel emosie ‘n silwer traan
ja, soms maak dit jou gedaan
in die pilgrim se wentelbaan
hoeveel is genoeg?
wanneer is die vyfskaar moeg geploeg?
sonder wrewel afgesloef?
sal die gerf my begrawe in die groef?
hard dreun bliksems op die horison!
jy tuur teveel na die dolosse se som!
my hartskind, draai om hemelsnaam net om!
môre mag jou lewe kortkom!
diep is die water
kortaf die dwaas se skater
sekondes tik al hoe later
met volmaan is dit hoogwater
© Francois Meyer (Februarie 2024)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Februarie 2024 - Dolos projek