Jongste aktiwiteit:

Hoe om ‘n digter dood te maak. (Goud)

Om ‘n digter dood te maak

kan nie maklik wees nie

gif kan nie woorde wegmaak nie

verwurg kan nie stilmaak

wat reeds geskryf is nie

skiet kan nie kolskoot

die waarheid wegsteek nie

‘n mes in die rug

is té digterlik

daar is net een manier

om ‘n volwaardige digter dood te maak

gooi jou dolosse op die grond

dit gaan net baie bene moet wees

maak die stem in haar kop stil

en vat haar pen en papier af

dan hoop en bid jy

dat jou gewete

jou nie Kairo  toe en terug sal ry nie.

© 02/2024 Caren Kearley

FB: Nimfoleptiese Woorde




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed