Môre wag vir jou (Goud)
Net voor skemer val
het sy drie van haar dolosse laat rol
vandag se rug was reeds gebreek
gister het in fluisterstemme
met benewelde klanke
saam met die talisman
in haar kop begin dans
een skenkelbeen het weggerol
twee werwel stukkies het stil gelê
“môre wag vir jou my kind”
het die laaste sonstraal
oor die muur geverf
net voor die volmaan
agter Ontongskloof uitklim.
© 02/2024 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Februarie 2024 - Dolos projek