soek
–
op my duin sit ek en staar
oor die blou see van eerste lig
oral draai en swaai die meeue
verskillende groottes en kleur
kwetterende menigte van
soekende stemme
wat geselsend duik
oor die deinende golwe
op die water dryf daar baie
wat net sit en suig aan dit wat
beskikbaar, sigbaar en vol maak
so soek die mens na geluk en vrede
word hy gelok na klanke van plesier
die heuningpotte van lustigheid
word hy gemaal en gekors
tot gemaalde koring
wat in dor pitte
oor die duine
kom rol
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.