Ek hoor jou
Ek hoor jou nog
maar ek luister nie
jy raak my aan
ek voel jou nie
Jou perfekte hande
streel my nie
aanplak trane
skeel my nie
Jou hartseer stories
raak my nie
Jou heimwee hart
traak my nie.
Stil, die valse deuntjies wat jy sing
Stik aan die leuens wat jy opkook!
Soos tyd vir my genesing bring
skenk dit wysheid aan my ook.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
HelenaMellet
Baie goed gestel,