stikkende roep (Silwer)
uit die slikdam
van rou emosie
stu springgety van trane
teen onrealistiese hoop
bind tog my hoop in seeskuim
dalk gebreekte skulpe
dooie jellievisse of
knypers van krappe
tasbare bewyse dat selfs
hierdie oneindige storm
stil sal word
voor die Stem van die Meester
vrae soutkook in my gemoed
of enige mede pelgrim
sal waag
om te luister na my hulp geroep
© Francois Meyer
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2023 – OOP projek