
MY ROOI KAREE BOOM
MY ROOI KAREE BOOM
Hy sit onder die rooikaree boom
en bewonder daai mooi boom
nietenmin dis sy uitlaatklep
dis nou behoorlik vet pret
As jy vir George roep
weet jy waar om te soek
hy is alweer onder die boom
George soek na vrede by ‘n boom
Hy leun so teen die ou groot boom
met sy bas op die gras en droom
hy sit en doen sy werk peinsend wat sal gebeur op die ou end
gedagtes in sy eie ou werêldjie
met hierdie wêreldekonomie
kop onderstebo glo hy vas
ou doring jy kan weer lag
Rooi kareeboom klokslag
©️ Eleen van Deventer Vorster 30/11/2023
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2023 – OOP projek