die vyfde maand (Silwer)
mildelik verbloem hy sy ysige glimlag
meelewend in bruin en geel en oranje
meesterlik getooi in nodige vree
magies aantreklik in onskuld
eienaardig verbloem in yskristal
eiesoortig in die rypseisoen as die
eis van liefde jou soggens begroet
eien dit sorgvuldig vir jou toe
in sagte windkusse
inskiklik tot ‘n gesprek of twee
iewers tussen dag en nag
inwonend, die eensaamheid van self
© Francois Meyer Mei 2025
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Mei 2025 – OOP projek