
Pale toe!
Die nederige lamppaal
vir volksblad en vaderland
“Ons kind se dood.’
die hoofopskrif in die koerant
Gaan maak jou kruisie
smeek posters oral op die pale
en die modder gooiery tussen partye
die tafel word gedek vir ‘n groot geveg
Hoeveel keer moet ons nog daai een hoor?
mense kan maar march soos hulle wil
weens die hoë vlak van werkloosheid en armoede
so baie vrae en die hemel is sonder antwoorde
Staan jy eenkant en verward
in ‘n verdwaalde samelewing
en ‘n wit plakkaat is die enigste ding
waarom jou lig kring
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.