Al’s tussenin
Darem is nie arm
maar darem is ook nie ryk
dis darem nog nie niks
het jy darem so effens hoop?
Is die lewe darem maar vol
tussen darem- en rivierhengel
hieraan troos ek my darem
darem is jy lief vir my
Tussen darem is ek en jy
tussen gister se herinneringe en môre
tussen die einde en die begin
is daar darem Bitter Soet In elke lewe
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.