Huwelikskraal
kraletjiedruppels syfer deur die struike
kraletjiedruppels klop skugter aan die ruite
jou oë hang krale om my kuiltjie
in ons kraal in ons skuilte
lê bekoring in bekendheid
ek borrelgly soos krale
deur behendige vingers
syfer salig deur my sinne
lankal nie meer skugter
vir die stoomdruppels teen die ruite
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.