Jongste aktiwiteit:

skrif

wanneer tyd jou inhaal
weet jy jou beplanning
skiet te kort en jy faal

wanneer jy die tekens
teen die mure raaksien
is dit al amper te laat

wanneer wil jy ontwaak
sal jy wakker skrik mens
as golwe jou al oorspoel

wanneer die gloed staan
weet jy daar is ‘n vuur
mure brand lankal reeds

daar is net tyd en half oor
waarin jy kan regop kom
swoeg en sweet en bou

wanneer sal jy dan besef
leiers is daar geen meer
werk sonder ophou en glo

wanneer sal jou leier kom
as jy besef Hy is reeds hier

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed