Woorde (Gebed vir my ongebore kleinkind)
Met die wysheid gegee van ons Gewer van asem,
Sal ek lewendmakende woorde oor jou spreek.
Met lofsang jou opdra, aan Hom wat jou bestem het,
Om by ons te kom vertoef, met jou volmaakte kindergees.
Sal ek met krag van die Gees, deur gebed oorlog voer,
teen die doodskrete van mense wat wysheid kortkom.
Wat woorde spreek sonder om die waarde te besef,
Van elke lettergreep vrygelaat oor hul tong.
En die vestings wat hul vorm, deur die mag wat hul spuug,
Sal ek neerlê voor God’s voete, waar U dit sal vermorsel.
Waar U, woorde gebraak, uit onkundige mense,
Sal omdraai uit as, en laat verruis in skoonheid.
U alleen is die Gewer van asem in longe, van kinders wat vorm,
in die boesem van vroueskoot.
Van U kom n kind, reeds lankal beplan maar bestem vir hierdie tyd,
Om dalk net soos dae van ouds, U wysheid vir ander te kom leer.
Paula Paxton©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.