Land wat brand
Dansende vlamme kolk hoog onder verstukkende rook,
Terwyl die reuk van roet longe verstuk.
Hitte ondraaglik, stoot jou doelbewus terug,
weg van mensgemaakte elemente wat in verwoesting verbrand.
Woorde lê vars in die asem van mense oor n land wat brand,
wat eens kon skitter in skoonheid en prag,
maar met magteloosheid betrag ek gedrag, hoor ek klaagliedere,
oor die nou en hede.
Ons land is van kronieke se dae
Lankal omhul in onblusbare vlamme.
Dit wat ons nou ervaar, is die doodsnikke
van n selfgemaakte hede wat verdrink in die verlede.
n Land wat brand, sal pikswart vertoon,
maar more kom die reën,
en onder as, sal groen spruite skiet,
en word alles weer nuut.
Paula Paxton©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.