Jongste aktiwiteit:

My reis, van vrees na vertroue.

My reis, van vrees na vertroue.

Vanuit my diep donkerte van vrees het my reis na die lig begin! Net die idee van openbare optrede was my skrikwekkende realiteit in die arena waar my vrese vir kritiek onbetwisbaar koning gekraai het. Maar soos die begeerte om ʼn motiveringspreker te word binne my gegroei het, het ek myself voorgeneem dat ek nie my knieg voor my vrese sal buig nie. Ek deel graag my reis na selfvertroue op die verhoog met julle.

Die vrees wat my wou kelder.
As jong dogter het ek dit nie eers gewaag om my drome hardop te deel nie, laat staan nog die idee om voor ʼn gehoor te staan en my hart te deel. Elke moontlike gedagte aan negatiewe reaksie was vir my ʼn dreigende donderwolk. Maar ek het besef dat ek my donderwolk sal moet trotseer om die son te sien skyn op my drome.

Stappe om die vrees te oorwin.
Ek het my reis na selfvertroue nie as ʼn maklike wandeling in die park beleef nie. Ek het ʼn doelbewuste poging aangewend en moedige stappe geneem om my stem te versterk en my liggaamstaal te verbeter. Met die hulp van ʼn mentor het ek ʼn terapeut begin sien. Sy het my gehelp om korrekte taalgebruik en uitspraak te oefen. Ek het vir ure voor die spieël geoefen en myself moed ingepraat. Mentorskap was my kompas, en ek het geleer van selfversekerde sprekers.

Die oomblik van waarheid.
En toe breek die oomblik van waarheid aan – my eerste verskyning op die verhoog. My hart het woes geklop, maar ek het my vrees beveg en het met groot selfversekerdheid my boodskap oorgedra. Dit was ʼn oomblik van triomf oor my innerlike stryd.

ʼn Lig vir ander.
Deur my reis van vrees na vertroue het daar vir my ʼn nuwe lig opgegaan. Ek het besef dat my verhaal nie net vir myself is nie, maar dat dit ook ʼn bron van inspirasie vir ander kan wees wat sukkel met verhoogvrees. My lewe is ʼn bewys dat selfvertroue nie onbereikbaar is nie, maar vir elkeen binne bereik is.

My verhaal gaan nie net oor oorwinning nie, maar is ‘n getuienis van die mens se vermoë om hul vrese te oorwin. Mag my verhaal ‘n aansporing wees dat ons almal die krag het om ons eie vrese te oorwin. Mag almal die moed hê om hul eie reis aan te durf.

©MarleneErasmus
(402 woorde)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed