Wit Trillium Dagbreek
spieëltjie wys vir my
hoe sal iemand kan dink ek is mooi
as sy woorde, “jy’s met kak agter ‘n sif gegooi,”
my in die nagstilte brandmerk
soos die sproete op my lyf
vlek dit my gees
maar my siel skreeu
“breek vry, breek vry!”
die waarheid weergalm
en verbrokkel sy leuens
en kom skilder vir my ‘n vars spieëlbeeld
van my brose naaktheid
wat blosend blom
skink ‘n heildronk
op my wit trillium dagbreek
“ek is vry, ek is vry”
©Jessica Venter
10/07/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.