Jongste aktiwiteit:

Liewe ek

Liewe ek…

 

Ek ken jou noemnaam maar leer jou elke dag beter ken.

 

Dalk raai ek verkeerd maar ek skat jou van is myself.

 

In jou eie ryke wêreld leef jy goed, alles is joune.

 

Die straatname in jou koninkryk is na jou vernoem. Alle paaie lei na jou.

 

Aandag buig voor jou en sou iemand anders naby kom is jou weermag reg om aan te val.

 

As ’n vreemdeling loop ek vermom deur jou strate. Jou ego hang soos stof hier in elkeen.

 

Die mense om jou wat jou moet dien, sterf van honger maar jou weelde blink.

 

Sou jy jouself deur ander se oë kon sien en besef jou koninkryk is bankrot. Iewers ruik almal lankal reeds ’n rot.

 

Omgee en waardering is jou vloermat, die regte rykdom waarop jy so gemaklik trap.

 

Sou jou koninkryk wel in duie stort wonder ek of die groot ek steeds almal om hom gaan hou vir die gek.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed