Verstaan jy dan nie?
Verstaan jy dan nie?
Sy genade het leeg gebloei
vir jou en vir my
Hy is opgewek uit die dood
vir jou ook
sodat jy ook vrede kan ervaar
en genesing kan ontvang
maar jy kies
om te kleef aan die angs
en die leuen dat jy nie
goed genoeg is nie
Verstaan jy dan nie?
Jy het die mag in Jesus naam
om die leuens te verbrysel
en die duiwel te vermorsel
onder jou voete
glo in Sy woord
glo in Sy beloftes
vat dit
maak dit joune
want die losprys is betaal
en jy hoef nie meer
in vrees rond te dwaal
want jy is meer
meer in Jesus
die mag van Sy liefde
kan alles wegvee
wat jou sonskyn steel
maar jy kies
om in beheer te wees
want wat is jy dan
as jy moet oorgee
Verstaan jy dan nie?
Die oomblik wat jy oorgee
kry jy meer
verloor jy net
dit wat jou lewe
uitmekaar uit skeur
gee jouself die kans
om in oorvloed te leef
met Jesus as jou Stuurman
en jy sal sien
dat Hy alles sal meewerk
ten goede
vir jou
want jy verdien dit
en soveel meer.
© 2018 C. Holder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.