Pyngedagtes
Pyngedagtes
Dowwe klop-klop plof in my kop
swaar las kom lê op my skof
uitdagings is rof
uitsig is dof
tree vir tree
ploeter voort
dae en nagte
sonder slaap
emosies tolbos
kraaineste in my sinne
donker nag gooi spookskadu’s
koggel swiepend heen-en-weer
in elk kraak van hout
skree die klaaglied hoorbaar
nog harder skreeu
gebroke siele
genadeloos daagliks
uitputtende gesloeg
om vure dood te slaan
te hergroepeer
ontleed motiewe
kompleksiteit van menswees
vasgehaak aan kakiebos
warboel in gebroedsel
intense pyn toets drempel
2018 het my gegooi in wentelbaan
so onbekend
gekenmerk deur rou
trane biggel gereeld
winterkou knyp aan vlees
dit is wel met my gees
in oorgangsfase
van gister tot nou
min wat ek verstaan
wel Een wat ek vertrou
saam my te loop
©Berna 4 Julie 2018
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 - OOP projek