my volk
“my volk – my volk ons doen alles vir my volk”
elke tweede figuur speel vir sy volk vandag
in elke gesprek is “my volk” belangriker selfs as “my God”
my volk is sekerlik belangrik ja – baie belangrik
maar wie is jou volk my vriend
elke tweede persoon is nie van jou volk
oor sy geloof – sy hare – sy voorvaders
maar wie is dan nou jou volk vriend
my voorvaders was bittereinders
ek kam my hare skeef regsom
my eie pa het in tweede wêreldoorlog geveg
ek het in bosoorlog geveg
maar ek is nie van jou volk nie
hoe werk jou volk dan vriend
elke beweging van dosyne het blykbaar hul eie volk in ons land
party is “boere” ander “afrikaners” ander “liberales” ander wit of gekleur
wie se “volk” het oor die drakensberge getrek
watter volk is vandag nog hier na eeue se stryd
kom jou volk van die twaalf stamme van israel vriend
of is hulle maar net nog afstammelinge van die protestante
daardie wilde wegbreek mense wat onder geen gesag wou staan in europa
wat besluit het om te trek na nuwe lande – hier aangekom weer getrek
getrek het tot ver onder die verste ster in dorsland trek
hoeveel van jou eie bloed kom daarvandaan vriend
hoeveel bloed uit jou gene kom van benjamin
hoeveel van jou gene kom van abraham – isak en jacob
hoe lank nog vriend gaan jy onder die waan lewe
hoe lank nog gaan jy verdeel en probeer heers
hoe lank nog gaan jy wag op jou aardse leier
terwyl jou enigste Hoop reeds op pad is
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.